Die Een God book cover

Die Een God verskaf ’n nuwe begrip van die aard en werklikheid van God, en van God se plan en doel in die wêreld en in die Groter Gemeenskap van lewe in die heelal. Dit gee nuwe antwoorde op die diep en verwarrende vrae wat mense al millennia lank vra oor God, die oorsprong van lewe, die skepping, verlossing, die siel en veel meer.

Hierdie boek van die Nuwe Boodskap gee ons ’n nuwe uitkykpunt vanwaar ons ’n blik in die hart van God kan kry, terug tot by die oorsprong van die heelal, en die groot afgeskeidenheid van God kan verstaan wat die ontwikkeling van alle lewe laat ontstaan het. Dit roep ons af deur die antieke gange van ons verstand na die geestelike teenwoordigheid en mag binne-in ons, en gee die redes waarom elkeen van ons in hierdie tyd in die wêreld is.

Die Een God is die tweede boek van Bundel 1 van Die Nuwe Boodskap.

Inhoudsopgawe

  • Hoofstuk 1: Om God te Begryp (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 2: Die Nuwe God Openbaring
  • Hoofstuk 3: Die Oorsprong (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 4: Die Afgeskeidenheid
  • Hoofstuk 5: Wat is die Skepping? (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 6: Die Siel (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 7: Wat Skep Kwaad? (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 8: Die Verlossing (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 9: God, Kennis en die Engelagtige Teenwoordigheid (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 10: Hoe God met die Wêreld Praat (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 11: God se Plan Is om Elkeiemand te Red
  • Hoofstuk 12: Die Hart van God (nie vertaal nie)