Stappe na Kennis Voortgesette Opleiding sit die lewensveranderende reis voort wat in Stappe na Kennis begin het. Die Voortgesette Opleiding bevat 84 Stappe, of oefeninge, en neem jou verder na die verwesenliking van jou doel en bestemming in die lewe.
As jy die reis in Stappe na Kennis twee keer voltooi het en die instruksies gevolg het sonder om die leerplan te verander, dan is jy gereed om hierdie meer gevorderde studie te begin.
Stappe na Kennis Voortgesette Opleiding is vir studente van Die Nuwe Boodskap beskikbaar by die New Knowledge Library se winkel.
Stappe na Kennis Voortgesette Opleiding is die tweede boek van Bundel 3 van Die Nuwe Boodskap.