Die Nuwe Boodskapper is ’n boek oor die herkoms, afkoms en missie van die Boodskappers van God wat op verskillende tye in die menslike geskiedenis die wêreld binnekom om nuwe Openbarings vir die mensdom te ontvang en aan te bied. Hierdie boek openbaar dat alle vorige Boodskappers deel is van ’n Engelagtige Vergadering wat oor die wêreld waghou. Hierdie Vergadering het deur die hele menslike geskiedenis heen, en na die wil van God, een van hulle eie op bepaalde tye en plekke in die wêreld ingestuur om die groeiende behoeftes van die mensdom te dien.
Die Nuwe Boodskapper openbaar dat die geheel van hierdie nuwe Openbaring deur een man gegee word: Marshall Vian Summers. Mense mag vra: Wie is hy? Waarom is hy gekies? Hoe kan jy weet dat hy eg en outentiek is? En hoe hou hy verband met die Boodskappers van die verlede? In die hoofstukke van hierdie boek het mense die geleentheid om te leer wie Marshall is, waarom hy hier is en wat hy gee as die ontvanger van meer as 9000 bladsye Openbaring.
Die Nuwe Boodskapper is die derde boek van Bundel 1 van Die Nuwe Boodskap.
Inhoudsopgawe
- Hoofstuk 1: Die Wil van die Hemel (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 2: Die Herkoms van die Boodskapper
- Hoofstuk 3: Die Afkoms van die Boodskapper (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 4: Die Verhaal van die Boodskapper (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 5: Die Vereistes van die Boodskapper
- Hoofstuk 6: Die Sluier van die Boodskapper (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 7: Om die Nuwe Boodskapper te Verstaan (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 8: Sienend die Lig van Openbaring Onder die Oë
- Hoofstuk 9: Die Reis van die Boodskapper (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 10: Die Profeet (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 11: Die Gevolg van Openbaring (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 12: Die Boodskapper se Roeping (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 13: Om saam met die Boodskapper te Loop (nie vertaal nie)
New Knowledge Library
Amazon
Barnes and Noble
Apple Books
- Luister by Spotify, Apple Podcasts, YouTube Music
- Kyk op YouTube