Die Suiwer Godsdiens is ’n boek wat die dieper hart en betekenis van die wêreld se godsdienste openbaar, en die mag en teenwoordigheid van God, wat daarna soek om met mense van alle geloofstradisies of van geen geloofstradisie te praat. Dit is ’n tydlose en wye uitdrukking van God wat gegee word aan alle wêrelde in die heelal waar intelligente lewe bestaan. Dit weerspieël die suiwer spiritualiteit wat aan die hart van al die wêreld se godsdienste lê, en aan die hart van godsdienstige uitdrukking dwarsdeur die heelal.
Die Suiwer Godsdiens openbaar dat geen enkele godsdiens daarop aanspraak kan maak om die enigste ware godsdiens te wees nie. In plaas daarvan is daar die suiwer en geheimenisvolle roep van God na elke mens — of jy nou Christen, Moslem, Jood of Boeddhis is, ’n mens van ’n ander geloof of van geen bepaalde geloof nie. Dit is ’n innerlike roeping na elke mens om verby die grense van geloof te gaan en ’n lewe van dieper ervaring, verhouding en doel in die wêreld binne te gaan, terwyl ons die werklikheid ontmoet daarvan om in ’n heelal vol intelligente lewe te leef.
Die Suiwer Godsdiens is die agtste boek van Bundel 1 van Die Nuwe Boodskap.
Inhoudsopgawe
- Hoofstuk 1: Die Suiwer Godsdiens
- Hoofstuk 2: Die Groot Geloof
- Hoofstuk 3: Die Heilige (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 4: God se Antieke Verbond met die Mensdom (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 5: Die Doel van Godsdiens (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 6: God se Nuwe Boodskap vir die Wêreld se Godsdienste (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 7: Godsdienstige Fundamentalisme (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 8: Godsdienstige Geweld (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 9: Hemel en Hel (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 10: Sonde, Dwaling en Verlossing (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 11: Die Wonderwerk (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 12: Die Geestelike Families en die Plan van God (nie vertaal nie)
- Hoofstuk 13: Die Verlosser (nie vertaal nie)
New Knowledge Library
Amazon
Barnes and Noble
Apple Books
- Luister by Spotify, Apple Podcasts, YouTube Music
- Kyk op YouTube