Die Nuwe Wêreld book cover

Die Nuwe Wêreld stel die omgewings-, politieke en maatskaplike onstabiliteit voor wat ons nou in die gesig staar, en die visie van ’n toekomstige wêreld waarin besluite wat die menslike beskawing ondersteun en bevorder, voorrang kry bo die stryd om hulpbronne te bekom en te beveilig ten koste van volke en nasies wêreldwyd. Hierdie boek gee ’n weerklinkende waarskuwing oor die mensdom se vinnige uitputting en agteruitgang van die Aarde, sy klimaat en sy omgewing, en oor die dringende stappe wat ons individueel en gesamentlik moet neem om ons planeet te herstel en om vir nuwe wêreldtoestande in die toekoms voor te berei.

Hierdie boek openbaar die benarde toestand van die mensdom en die dieper oorsake van die groeiende wêreldwye tragedie van konflik, armoede en onderdrukking. Dit skets die dringende behoefte om wêreldwye sekuriteit te ondersteun en te bou terwyl ons ons grootste beproewings in die gesig staar. Die Nuwe Wêreld is die voorspel tot Die Groot Golwe van Verandering, wat in groter besonderhede die uitdagings uiteensit wat ons individueel sal ondervind, en die pad van innerlike en uiterlike voorbereiding wat vir elke mens beskikbaar is.

Verskeie hoofstukke van Die Nuwe Wêreld is ontvang op plekke van groeiende konflik en onstabiliteit, waaronder Beiroet, Aleppo en Teheran.

Die Nuwe Wêreld is die sewende boek van Bundel 1 van Die Nuwe Boodskap.

Inhoudsopgawe

  • Hoofstuk 1: Om die Nuwe Wêreld Binne te Gaan (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 2: Die Groot Waarskuwing (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 3: Die Globale Noodgeval
  • Hoofstuk 4: Die Benarde Toestand van die Mensdom (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 5: Die Wedloop om die Menslike Beskawing te Red (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 6: Om by die Afgrond te Staan (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 7: Om Planetêre Onstabiliteit in die Gesig te Staar (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 8: Die Slagveld (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 9: Om Wêreldwye Sekuriteit te Bou (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 10: Om Ineenstorting en die Oorloë van Wanhoop te Voorkom (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 11: Die Groot Oorgang (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 12: Die Skok van die Toekoms (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 13: Om Gesentreerd te Wees in ’n Ineenstortende Wêreld (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 14: Veerkragtigheid (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 15: Die Visie (nie vertaal nie)
  • Hoofstuk 16: Die Toekoms van die Mensdom (nie vertaal nie)